Your Recipe Blog

VOLKORINGBROOD

Recipe by
Cook: 40 min | Servings: 2 broodjies

VOLKORINGBROOD

  • 1 kg volkoringmeel
  • 125 ml olie
  • 10 g kits gis
  • 10 ml sout
  • 4 x 250 ml louwarm water

Verhit die oond tot 180°C. Bespuit 2 broodpannetjies 11 x 29 x 8 cm.
Meng die volkoringmeel en sout in ‘n mengbak en strooi die kitsgis bo-oor.
Voeg die olie en louwarm water by en meng goed met ‘n houtlepel.
Skep die deegmengsel in die gesmeerde broodpanne.
Bedek met plastiek en laat op ‘n warm plek rys tot dubbel sy volume.
Bak ongeveer 40 min lank of tot dit hol klink wanneer daarop geklop word.
Keer uit en laat afkoel.

Resep en foto:  Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page