VOLGRAAN PASTA, HOENDER EN SAMPIOENGEREG
- 500 g vellose hoenderborsies, in blokkies gesny
- 250 g sampioene, gesny
- 5 ml olyfolie
- 50 g volgraan rou pasta
- 1 blikkie “Italian style” tamaties
- 30 g Chedder kaas, gerasper
- Feta kaas, na smaak
- 7 kersie tamaties, gehalveer
- speserye, na smaak
Kook die pasta volgens aanwysing en hou eenkant.
Plaas olyfolie in pan, asook hoender en speserye, braai tot half gaar, voeg sampioene en die blikkie tamaties by. Kook goed deur. Skep die gaar pasta by en meng deur.
Laat prut vir 10 minute. Skep uit in gespuite oond glasbak.
Sprinkel gerasperde kaas bo-oor, die halwe tamaties asook Feta.
Bak in oond op 180 °C vir 20 minute. Bedien met groente van jou keuse.
Resep en foto: Leon Boetiekie Hartman