Your Recipe Blog

VOLGRAAN MUFFINMENGSEL BESKUIT

Recipe by
Cook: +- 40 minute | Servings: +- 80 stukkies

VOLGRAAN MUFFINMENGSEL BESKUIT

Resep en foto: Marlene Potgieter
Ek het hierdie eierlose beskuit gebak met die volgraan muffinmengsel pakkies, baie lekker.
Ek’t 80 stukkies beskuit gesny en ‘n 27 cm x 37 cm swart oondpan gebruik.

  • 1 kg volgraan muffinmengsel pakkie
  • 375 ml bruismeel (¾ koppie)
  • 5 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 koppie klapper
  • 1 koppie gemengde sade
  • 1 koppie gekapte neute, opsioneel
  • 500 g hoë-vet margarien (70%)
  • 500 ml karringmelk
  • Meng die droë bestanddele in ‘n groot mengbak.
  • Smelt die margarien en roer die karringmelk by die margarien.
  • Roer die vloeistof by die droë bestanddele tot gemeng en knie effens tot ‘n hanteerbare deeg.
  • Plaas die deeg in ‘n voorbereide oondpan en druk die deeg gelyk.
  • Sny die deeg soos verkies en bak in ‘n voorverhitte oond by 160°C vir +- 40 min of tot ‘n mespunt skoon uitkom wanneer jy dit toets.
  • Keer die beskuit uit op ‘n doek en laat staan op ‘n afkoelrak tot heeltemal koud.
  • Breek die beskuit in stukke en pak op bakplate.
  • Droog die beskuit uit in ‘n lou warm oond by 80°C – 100°C vir ongeveer 3 ure met die deur op ‘n skrefie oop.
  • Ek skakel die oond af na 3 ure en maak die deur toe, die laaste hitte droog die beskuit heeltemal uit tot die oond koud is.
  • Nota:
  • Ek het niks ekstra suiker bygevoeg nie, die suiker in die mengsel is genoeg vir ons.
  • Jy kan die beskuitdeeg eers vir ‘n ½ uur in die pan in die oond op 70°C laat rus of rys en daarna net die oond opstel na 160°C en bak.
  • Ek het die deeg eers net in die lang lengtes gesny voor bak en na dit gebak is en afgekoel het, die lang repe met ‘n vurk gebreek soos ek verkies
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page