Your Recipe Blog

VOLGRAAN-KONFYTBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 35 minute

VOLGRAAN-KONFYTBESKUIT

  • 500 g botter of margarien
  • 250 ml suiker
  • 125 ml gladde appelkooskonfyt
  • 2 eiers, geklits
  • 500 g bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 7 ml sout
  • 500 g volkoring meel
  • 250 ml klapper

Voorverhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n oondpan met kleefwerende kossproei.
Smelt die botter, suiker en konfyt oor lae hitte, laat effens afkoel en klits die eiers by.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam en voeg die volkoringmeel en klapper by.
Voeg die bottermengsel by die droë bestanddele en roer tot goed gemeng.
Skep die deeg in ‘n oondpan.
Bak ongeveer 30 – 35 minute lank.
Laat afkoel in die pan en keer uit. Sny in vingers en droog uit teen 70°C.
Laat afkoel en bêre in lugdigte houer.

Resep en Foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page