VODKA JELLIES
Ek het hierdie vodka jellies gemaak die naweek. Jy kan enige jellie geur van jou keuse gebruik, maar die kersiegeur jellie is vir my baie lekker saam met die vodka.
- 1ste laag:
- 120 ml kookwater
- 1 pakkie lemoen jellie
- 80 ml koue water
- 120 ml vodka
- 2de laag:
- 120 ml kookwater
- 1 pakkie lemmetjie jellie
- ½ blikkie kondensmelk
- 120 ml vodka
- 3de laag:
- 120 ml kookwater
- 1 pakkie kersiejellie
- 80 ml koue water
- 120 ml vodka
Los die jellie vir die 1ste laag in die kookwater op.
Voeg die vodka en kouewater by en roer tot goed gemeng.
Giet die jellie in ‘n glas- of tupperbak van ongeveer 24 x 15 cm grootte.
Plaas die jellie in die yskas totdat dit gestol is, ongeveer 1 uur.
Los die jellie vir die 2de laag in die kookwater op, voeg die kondensmelk en vodka by en roer tot dit goed gemeng is.
Laat die mengsel heeltemal afkoel en giet dit oor die 1ste laag jellie wat in die yskas is.
Plaas die bak terug in die yskas totdat die 2de laag heeltemal gestol is.
Los die jellie vir die 3de laag in die kookwater op.
Voeg die vodka en kouewater by en roer tot goed gemeng.
Laat die jelliemengsel heeltemal afkoel en giet dit bo-op die kondensmelk laag wat in die yskas is.
Plaas die bak met die 3 lae terug in die yskas totdat die 3de laag ook heeltemal gestol is.
Sny die jellies in blokkies so groot soos verkies en bedien in klein glasies.
Resep en foto: Marlene Potgieter