Your Recipe Blog

VLOEIBARE SEEP VIR WASMASJIEN

VLOEIBARE SEEP VIR WASMASJIEN

  • Rasper die volgende saam:
  • 1 koekie Sunlight Seep (ek verkies Lavender geur)
  • 1 koekie Oxy Ultrawash / Vanish Superbar
  • Meng die volgende by:
  • 1 koppie waspoeier

Giet genoeg kookwater oor die seepmengsel en roer tot al die seep opgelos is. Moenie dit laat staan en later weer terugkom nie, dit word solied en dan sukkel jy om dit weer vloeibaar te kry. Ek maak dit in ‘n 5 liter emmer en giet gelyke hoeveelhede in 5 x 5 liter kanne.
Vul op met water tot amper bo en skud elke houer om water en seepmengsel te meng.
Gebruik 200 – 250 ml in ‘n 13 kg wasmasjien.

Wenk:
Ek gebruik filter water om die seepmengsel te maak, want ek vertrou nie die munisipale water nie. Party mense sê daar is na ‘n ruk mufkolle op die seep as hulle die munisipale water gebruik.

Resep en foto: Gillian Vermeulen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page