VLEISROLLETJIES OP DIE KOLE
Ons oudurfie vir vanaand was my en vroulief Rinie se eie skepping.
- ½ rol skilferkors, in drie dele gesny en dun uitgerol
- gegeurde gaar maalvleis (gaargemaak volgens jou smaak) 2 eetlepels per velletjie deeg
- ¼ rooi soetrissie, fyn opgesny
- ± ¼ koppie grasuie, fyn gesny
- 2 eetlepels fyn gerasperde kaas
- geklitste eier vir oorsmeer
Skep die maalvleis, soetrissie, grasuie en kaas op die deeg.
Smeer geklitste eier op die een punt van die deeg.
Rol versigtig op.
Smeer die deegrolletjie met geklitste eier en braai stadig op matige kole vir ten minste 30 minute deur dit gereeld te draai tot dit mooi goudbruin en deurgaar is.
Resep en foto: Gideon Louw












