VLEISPASTEITJIES MET SKON TIPE SLAPDEGIE
Maak maalvleis gaar met chutney, uie ens of enige gaar vleis werk baie goed. Hierdie is ‘n wenner, en kan net so lekker in die kosblikke of padkos gepak word, want dit is heerlik selfs al eet mens dit koud.
- Deeg:
- ¾ koppie melk
- ½ koppie olie (en neem ‘n kwart koppie, en dit is net so lekker)
- 2 eiers
- 1 koppie koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
- ¼ teelepel sout
- 1 teelepel Aromat
Meng alles goed saam.
Die deeg is bietjie dikker as pannekoek deeg.
Spuit kolwyntjie pannetjies.
Skep lepel vol deeg onder in.
Skep dan een lepel vulsels in (maalvleis klaar gaar of vleis van jou keuse).
Skep dan weer deeg op om die vleis te bedek.
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin by 180 ºC.
Nota:
Maak net seker jou vleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.
Geniet.
Foto: Rina Kleinhans
2de foto: Elize de Kock
Foto van pastei – Adam Cloete
Daar was oor die laaste paar dae redelik kommentaar oor die vleispasteitjies met skon deeg. Ek het dit ‘n stap verder geneem en ‘n pastei / souttert daarmee gemaak. Dit het fantasties gewerk. As vulsel het ek gekapte rooiworsies, ham, bacon en gemengde groente gebruik.
Pragtig gebak en dit is heerlik!!