Your Recipe Blog

VLEISPASTEIE VAN GAAR BEESSTERT

Recipe by
Cook: 40 minute

VLEISPASTEIE VAN GAAR BEESSTERT

Hallo vriende. Ek het verlede naweek Beesstert vir my kinders gemaak en daar het van dit oorgebly. Ek het dit die volgende oggend ontbeen en toe gevries.
Vanoggend het ek die beesstert uitgehaal sodat dit natuurlik ontdooi en teen vanmiddag was ek te lui om deeg aan te maak en gebruik toe Todays skilferdeeg.
  • 1.5 kg fyn gaar beessvleis of beestert
  • 1 pak sampioene, gesnipper
  • 1 ui, gekap
  • 2 wortels, gerasper
  • blatjang, na smaak
  • 1 rol skilferkorsdeeg “todays”
  • 1 eier

Verhit  die oond tot 180°C.
Meng die vleis, sampioene, wortels en ui.
Voeg die blatjang by en meng tot klam.
Rol die deeg uit en sny in grootte soos verkies.
Plaas vleis mengsel op die deeg.
Druk die bokante net effens bymekaar, want dit moet oopmaak in die bak proses.
Verf die pasteie bo-op met geklitsde eier.
Bak in die oond vir 40 minute.
Hierdie resep kan ook gebruik word vir ‘n groot pastei.
Dit vries baie goed.
Bon Appetite!

Resep en fotos:: Micheal Coetzee

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page