Your Recipe Blog

VLEISLOSE SPINASIEGEBAK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 – 30 min

VLEISLOSE SPINASIEGEBAK

Ek het al skywe ham tussenin gepak dan is dit sommer ‘n hele maaltyd!

  • 1 pak (400 g) Cream Crackers
  • Vulsel:
  • 100 ml botter
  • 1 bossie spriet uie, gekap tot helfte van groen stingels
  • 90 ml koekmeel
  • 375 ml melk
  • 400 g gaar gekapte spinasie, druk al die vog uit
  • sout en peper
  • 200 g Feta kaas, gekrummel
  • 750 ml chedderkaas, gerasper
  • 5 eiers, geklits
  • 3 ml gemaalde neutmuskaat
  • 30 ml vars mint, gekap
  • 100 ml botter plus bietjie ekstra vir pansmeer

Smeer vierkantige bak met botter. Pak ‘n laag beskuitjies.
Smelt die botter en sorteer die uie tot sag. Roer meel by en meng.
Roer melk by en kook tot verdik. Roer spinasie by. Geur met die geurmiddels.
Roer kaas, eiers, neut en mint by en meng goed deur.
Sprei van die spinasievulsel oor die laag beskuitjies. Pak nog ‘n laag beskuitjies. Herhaal lae. Eindig met laag spinasie.
Sprinkel die gerasperde kaas oor en bak by 180°C vir 25 – 30 min.

Resep: Martie Fourie Moolman
Foto: Liezl Louw

One Review

  1. Martie Fourie Moolman
    Ek het al skywe ham tussenin gepak dan is dit sommer ‘n hele maal!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page