Your Recipe Blog

VLEISLAND SE LEKKERSTE BOEREWORS EN DROËWORS RESEP

VLEISLAND SE LEKKERSTE BOEREWORS EN DROËWORS RESEP

En net omdat die winter nou so naby is, plaas ek die wenner ook maar, die Suidwes droëwors resep.

Boerewors en Droëwors:

  • 32 kg wildsvleis (of 40 kg vet beesvleis)
  • 8 kg vet (indien vet beesvleis gebruik, moenie ekstra vet byvoeg nie)
  • 650 g sout
  • 60 g swart peper
  • 50 g fyn naeltjies
  • 50 g fyn neutmuskaat
  • 300 g koljander (gerooster)
  • 750 ml Worcestersous
  • yswater

Vir boerewors, meng 1 liter yswater vir elke 10 kg by die gemaalde vleis in. Die vleis stop dan makliker en die wors is sappiger. (Vir droëwors, los die water uit)
Sny die vleis en die vet in blokkies, meng al die speserye saam met die Worcestersous deeglik deur die blokkies vleis en vet.
Maal die vleisblokkies en vetbokkies saam en meng die koue water lekker deur voor jy begin stop.
Stop die maalvleis in 22/24 skaapderms.
Verpak die wors in porsies soos verkies en vries.
Indien droëwors gemaak word, hang die wors in ‘n goed geventileerde vertrek om droog te word.

Nota:
Ek stop dit ook soms in ‘n vetderm, maar dan maal ek so 5 groot uie saam, dan braai hy ‘n barshou.

Vleisland’s Namibian Champion Boerewors:

  • 32 kg venison meat (or 40 kg fat beef meat)
  • 8 kg fat (if using fatty beef meat, no extra fat needs to be added)
  • 650 g salt
  • 50 g fine cloves
  • 50 g fine nutmeg
  • 300 g fine coriander (roasted)
  • 750 ml Worcestersauce
  • cold water

Cut the meat and fat in cubes, mix with all the spices and Worcester sauce.
Mince the meat and thoroughly mix the 1 litre cold water per 10 kg meat through the mincemeat before you start to fill the casings.
(for droëwors, do not add any water).
Fill the meat in 22/24 or 24/26 sheep casings, depending on your choice.
For droëwors, hang the sausage in a well-ventilated room afterwards to dry.
For boerewors pack in preferred portions and freeze.

Tip:
For chutney boerewors, substitute the Worcestersauce with 500 ml chutney on every 10 kg of meat.

Resepte en foto’s: Stefaans Blaauw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page