Your Recipe Blog

VLEILAND SE SKAAPAFVAL IN ‘N BAKSAKKIE

VLEILAND SE SKAAPAFVAL IN ‘N BAKSAKKIE

In ‘n baksakkie en slowcooker.

  • Plaas die volgende in ‘n bakkiesakkie:
  • 1 skaap afval, ± 1.5 kg
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 30 g sout
  • 5 g knoffelpeper of swartpeper
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 2 teelepels kerriepoeier
  • 1 teelepel borrie
  • 2 eetlepels asyn
  • 1 koppie water
  • 2 groot aartappels, wat eers later ingesny word

Meng die speserye en appelkooskonfyt saam met die water,
Pak nou die afval, saam met 2 uie in ringe gesny in ‘n baksakkie en giet die sous daaroor.
Knoop die sakkie toe, en steek 2 – 3 gaatjies aan die bokant in die sakkie.
Plaas die sakkie met die afval in die  prutpot “slowcooker” en kook stadig oornag.
Maak die sakkie in die oggend oop, en sny die 2 aartappels in blokkies en plaas dit in die sakkie. Druk die aartappels onder die sous in, sit die sakkie terug in die prutpot en kook dit op hoog vir nog 1 uur.
Nou is die afval murg sag. Maak jy ‘n potjie stampkoring daarby en geniet.

Stefaans Blaauw
Plaas 2 teelepels koesoda in 5 liter water, laat die pens daarin oornag in die koelkamer en borsel dit more oggend spierwit af.

Resep en foto: Stefaans Blaauw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page