VLASKYWE MET CREAM CRACKERS
- 1 pak Cream Crackers
- 1 liter melk
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 teelepel vanilla
- 3 eiers
- 2 eetlepels margarien
- 80 ml vlapoeier aangemaak met bietjie van die melk
- 2 koppies versiersuiker
- 40 ml kookwater
Mikrogolf kondensmelk, melk en margarien op hoog tot dit kook, roer na 5 minute.
Behoort so 10 minute te neem om te kook.
Klits eiers, vlapoeier en vanilla saam tot glad.
Voeg ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel terwyl jy dit goed klop. Roer dan die eiermengsel by die kookmelkmengsel in en meng baie goed.
Mikrogolf mengsel op hoog vir 5 minute, roer goed na elke minuut.
Klop tot glad.
Pak die helfte van die Cream Crackers onder in ‘n gesmeerde bak en skep die vlamengsel versigtig oor.
Pak die ander cream crackers bo-op die vla.
Plaas in die yskas tot heeltemal afgekoel.
Wanneer goed gestol, meng die versiersuiker met die kookwater en drup net op die koekies.
Plaas weer in yskas tot heeltemal koud.
Geniet!!
Resep geplaas deur Inga Titus
Foto: Gillian Logan Bredenhann