VLAKOEKIES
-
250 g botter of margarien
-
¾ koppie vlapoeier
-
3 koppies koekmeel
-
1 teelepel vanilla geursel
-
¾ koppie suiker
-
4 teelepels bakpoeier
-
2 eiers
-
knippie sout
Room die botter en suiker.
Voeg die eiers by, en meng goed.
Voeg die geursel by en meng deur.
Sif die droë bestanddele en voeg dit by die bottermengsel.
Meng tot ‘n stywe deeg. As die deeg te styf is, voeg ‘n klein bietjie melk by.
Vorm bolletjies, pak op ‘n voorbereide bakplaat, druk effens plat met ‘n vurk.
Bak 15 min op 180°C.
Resep en foto: Amanda Austen