Your Recipe Blog

VLAKLUITJIES

VLAKLUITJIES

  • 3 eiers, geskei
  • 3 koppies melk
  • 4 eetlepels Maizena
  • 1 eetlepel botter
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ekstra gesmelte botter vir opskep
  • kaneelsuiker vir oorstrooi

Roer die eiergele en ‘n bietjie van die melk saam met die maizena bymekaar.
Plaas die res van die melk in ‘n kastrol op die stoof en bring tot kookpunt.
Voeg die eiergeelmengsel by die warm melk en roer die hele tyd tot ‘n gladde mengsel.
Voeg die botter by die melkmengsel en verhit todat die mengsel verdik en gaar is. Roer heeltyd.
Verwyder die melkmengsel van die hitte af.
Klits die eierwitte styf in ‘n glasbak en vou die styfgeklitste eierwitte saam met die bakpoeier wat met bietjie water aangemaak is, by die melkmengsel in.
Doop ‘n lepel in gesmelte botter en skep lepels vol van die kluitjiemengsel in ‘n opdienbak.
Doop elke keer die lepel in die gesmelte botter voordat ‘n lepel kluitjie geskep word.
Bestrooi die kluitjies met kaneelsuiker en giet ‘n bietjie van die gesmelte botter laastens bo-oor die kluitjies.
Lekker eet.

Nota:
Die resep kan verdubbel word soos benodig.

Resep: Laurette Hitchcock
Foto: Esther Espach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5