Your Recipe Blog

VISVINGERS VAN OORSKIET VIS

VISVINGERS VAN OORSKIET VIS

Ek het vir aandete die lekker visvingers gemaak van oorskiet gaar vis.

  • Vingers:
  • 400 g oorskiet gaar vis, fyn gevlok
  • 1 medium groot aartappel, gekook tot sag en fyngedruk
  • 1 teelepel sout
  • 1 eetlepel droë pietersielie
  • 1 teelepel chillie vlokkies
  • 1 eetlepel koekmeel
  • 1 eier

Meng alles saam en maak ronde worsies van omtrent 100 mm lank van die mengsel.
Nota:
Ek het sommer ‘n stukkie skoon 20 mm plastiek pyp gebruik en dit volgestop en dan van agteraf uitgedruk soos ‘n wors en geplaas op ‘n meeloppervlak.

  • Kors om vingers in te rol:
  • koekmeel
  • 2 eiers, geklits
  • broodkrummels

Rol die vingers in die kors bestanddele, eers die koekmeel, dan in die geklitste eier en laaste in die krummels. Pak op ‘n skinkbord.
Laat staan in koelkas vir omtrent 2 ure om lekker te set.
Bak in warm vlak olie vir ‘n paar minute aan ‘n kant tot mooi goudbruin reg rondom.
Draai dit in die rondte met ‘n spaan of vurk.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page