VISVINGERS- KAPOKAARTAPPELS EN BONEGEREG
- 3 – 4 medium aartappels
- Braai die volgende saam:
-
1 ui, gekerf
- botter om ui in te braai
- Voeg die volgende by:
-
¼ teelepel sout
-
¼ teelepel witpeper
-
½ teelepel kerrie
-
¼ teelepel borrie
-
1 eetlepel suiker
-
1 eetlepel asyn
- Ekstra:
-
1 blik (400 g) baked beans in tamatiesous
- 32 visvingers
- 1 koppie gerasperde kaas
- suurlemoensap
Maak kapokaartappels van die aartappels. Gebruik klein bietjie meer melk sodat die kapokaartappels bietjie slapper is, maar nie loperig nie. Dit moet net maklik kan smeer. Sout, peper en botter na smaak.
Braai die ui lekker in bietjie botter voeg die res van die bestanddele by.
Pak 16 visvingers in ‘n laag in ‘n vuurvaste, gesmeerde glasbak. Strooi liggies sout na smaak oor en skud so paar druppels suurlemoensap op elke vinger.
Skep die bone in eweredige laag bo-oor vingers.
Pak 16 oorblywende visvingers in ‘n laag oor bone en strooi weer ‘n bietjie sout en suurlemoensap oor.
Skep die kapokaartappels eweredig oor die vis.
Strooi die gerasperde kaas oor en bak onbedek vir 20 minute in voorafverhitte oond by 180°C.
Laat so 10 minute staan as dit uit oond uit kom en bedien met heerlike mengelslaai.
Nota:
Speserye en kaas kan na smaak aangepas word.
Viskoekies kan in plek van visvingers gebruik word.
My bak is omtrent 2 liter groot.
Resep en foto: Alet Schoen Murray