Your Recipe Blog

VISVINGER BLITS ETE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 6 groot porsies

VISVINGER BLITS ETE

Heerlike, maklike visvinger gereg…ideal as die gesin skreeuhonger, en jy doodmoeg is. My man is nie lief vir visvingers nie, maar hiervan skep hy 2 keer. Jy kan die hoeveelhede aanpas na gelang van hoeveel mense jy wil kosgee. Hierdie hoeveelheid is genoeg vir 6 ruim porsies.

  • 20 visvingers
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • 2 koppies warm kraanwater
  • ½ koppie melk en ekstra ¼ koppie melk
  • visspeserye
  • gerasperde kaas

Spuit ‘n reghoekige oondbak. Pak die visvingers op hul kante redelik styf teen mekaar.
Meng die wit uiesoppoeier met die water en ½ koppie melk tot alle klonte opgelos het.
Giet die mengsel oor die visvingers.
Bak die gereg vir 20 min @ 180°C.
Die meeste vloeistof sal nou geabsorbeer wees.
Giet nog ¼ koppie melk oor, sprinkel bietjie visspesery oor en gerasperde kaas.
Bak vir ‘n verdere 20 min.
Geniet saam met kapokaartappel en slaai.

Resep en foto:  Anna Venter

Ester Barnard
Ek gebruik hoendervingers, dit is net so lekker. Dieselfde resep. Ek het net ‘n blikkie sampioenroomsop ipv poeier gebruik.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page