Your Recipe Blog

VISPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

VISPASTEI

  • 1 kg koue gekookte of gestoomde vis
  • 2 uie, fyngekap
  • 6 eetlepels margarien
  • sout en peper na smaak
  • 2 teelepels aangemaakte mosterd
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 1 aartappel, gekook en fyngedruk
  • 1 eier, liggies geklits
  • 2 teelepels gedroogte pietersielie

Verwyder die grate en vlok die vis lekker fyn.
Braai die uie in 4 eetlepels van die botter tot goudbruin. Meng alles met die vis.
Skep in gespuite pyrex bak.

  • Bolaag:
  • 4 medium aartappels, sag gekook en fyn gedruk
  • genoeg melk om die kapokaartappels sag te maak
  • 1 eier
  • 3 eetlepels botter
  • 2 teelepels bakpoeier
  • sout, peper en aromat na smaak

Meng alles goed met ‘n draadklitser. Skep bo-op die vis, smeer gelyk en bak 20 min lank teen 180°C tot lig goudbruin. Bedien saam met tamatieslaai en vars broodrolletjies.

Resep en foto: Anna Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page