Your Recipe Blog

VISPASTEI VAN “PILCHARDS”

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

VISPASTEI VAN “PILCHARDS”

  • 1 kg aartappels, in blokkies gesny en gekook
  • 2 blikkies tamatie pilchards, skoongemaak en behou sous
  • 1 klein pakkie sampioene, in ringetjies gesny
  • 2 eetlepels fyngekapte groen soetrissie
  • 2 uie, fyngekap
  • 1 teelepel fyngekapte knoffel
  • sout en peper, gemengde kruie na smaak
  • 2 eetlepels blatjang
  • 2 koppie melk
  • ½ pakkie wit uiesoppoeier
  • 2 koppies melk vir sous
  • 1 koppie kaas gerasper
  • Genoeg botter of margarien en melk vir fyn aartappels

Maak kapokaartappels met botter, warm melk, sout en peper. Voeg kaas by en meng goed.
Braai uie, groen soetrissie tot sag en uie ligbruin.
Voeg die sampioene by en braai tot sag.
Maak vis fyn en voeg by uiemengsel saam met die sous.
Voeg bladjang, sout, peper en kruie by en meng goed.
Maak ½ pakkie soppoeier aan met 2 koppies melk
Kook in mikrogolf en roer elke 1 minuut tot dikte wat jy verlang.
Voeg by vismengsel, meng deur en haal van stoof af.
Skep ‘n laag kapokaartappels in gesmeerde oondbak.
Skep die vismengsel oor die aartappels.
Skep laaste laag aartappels oor die vis en maak gelyk.
Stip met botter so 4 klein stukkies.
Bak in voorverhitte oond by 180ºC vir so 30 min of tot ligbruin.

Resep en foto: Ronell Muller Boshoff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page