VISPASTEI MET KAPOKAARTAPPELS
- 1 blikkie tamatievis (Pilchards)
- 1 ui, in blokkies gesny
- margarien vir braai
- 2 snye brood, in water geweek
- Bolaag:
- 4 aartappels
- sout en peper na smaak
- margarien
- melk
Braai die uie in die margarien op die stoof in ‘n warm pan tot ligbruin.
Pars die water uit die geweekte brood.
Meng die blikkie vis, gebraaide uie en brood in ‘n mengbak tot goed gemeng.
Plaas die vismengsel in ‘n groot genoeg tertbak, geskik vir die oond.
Kook intussen die aartappels in ‘n bietjie soutwater in ‘n kastrol op die stoof tot sag.
Dreineer die water van die aartappels en voeg sout en peper na smaak, margarien en bietjie melk by die aartappels en druk dit fyn met ‘n aartappeldrukker tot dit gladde kapokaartappels vorm.
Skep die kapokaartappels oor die vismengsel in die tertbak en maak dit gelyk met ‘n vurk.
Bak die vispastei in ‘n voorverhitte oond by 180ºC – 220ºC tot die kapokaartappels ligbruin gebak is en die pastei deurwarm is.
Bedien saam met vars brood en / of slaai.
Heerlik vullend.
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand













