VISKOEKIES VAN STOKVIS
- 500 g fyn gesnyde rou stokvis, sonder vel
- 1 cm vars gemmer, gerasper
- 45 ml fyn gekapte pietersielie
- 45 ml fyn gekapte koljander blare
- 5 grasuie, opgesny
- 1 knoffelhuisie, gepars
- 30 ml soetrissiesous
- 1 eier, geklits
- 45 ml koekmeel, gegeur met sout en peper
- ekstra koekmeel om koekies in te rol
Voeg al die bestanddele saam in ‘n bak en meng goed.
Voeg ekstra meel by indien die beslag nie stewig genoeg is na wense nie.
Strooi meel uit op ‘n plaat.
Maak 12 balletjies van die mengsel, rol in die meel, druk effens plat en plaas in die yskas vir ten minste 30 minute.
Verhit olie in ‘n pan op matige hitte en braai die viskoekies tot goudbruin en deurgaar vir so tussen 5 en 10 minute.
Resep en foto: Johan Rossouw