VISKOEKIES MET SUIKERMIELIES
- Kook 4 aartappels sag in soutwater en dreineer.
Druk aartappels fyn en voeg die volgende bestanddele by: - 1 blik suikermielies “sweetcorn”
- 3 eiers, geklits
- 1 blik tamatie pilchards, fyn gemaak
- 1 fyn gekapte ui
- 1 blikkie tuna, fyn gemaak
- 1 eetlepel pietersielie
- 1 koppie bruismeel
- Ekstra:
- olie vir vlak braai
Meng bogenoemde bestanddele alles saam en bak lepels vol in vlak olie.
Olie moet medium warm wees.
Wanneer gaar pak op kombuispapier terwyl die res van die beslag gebak word.
Resep geplaas deur Rene Truter Wessels
Foto: Alet Holland
Category: