VISKOEKIES IN KOLWYNTJIEPAN
“Ek het hierdie viskoekies in ‘n kolwyntjiepan gebak. Ek wou dit nie graag in olie gaarmaak nie.”
- 1 blik pilchards sardyne (ek het dié in tamatiesous gebruik)
- 250 ml melk
- 2 eiers
- 30 ml koekmeel
- 250 ml kaas, gerasper
- 1 ui, fyngekap
- sout en peper, na smaak
- pietersielie na smaak (ek het sommer droë pietersielie gebruik)
Dreineer sardyne en maak fyn. Klits melk, eiers en meel saam.
Voeg dit by vis en meng kaas en uie by mengsel. Geur na smaak.
Skep in kolwyntjiepan. My pan se holtes se deursnee is 7 cm.
Bak teen 180 °C vir 30 minute tot gestol.
Laat paar minute in pannetjie afkoel.
Resep geplaas deur Huibré Müller
Foto: Huibré Müller