Your Recipe Blog

VISGEREG IN DIE OOND

VISGEREG IN DIE OOND

  • 800 g stokvisfilette, ontdooi maar steeds koud
  • 1 groot ui, in ringe gesny
  • 1 kg Hawaiian roerbraai groente
  • 2 pakkies Imana Cheddar kaassous, aangemaak
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier, aangemaak met koue water (of melk) – gebruik 2 pakkies indien jy meer sous verkies of nie die kaassous gebruik nie
  • sout en peper na smaak
  • gedroogde knoffelvlokkies na smaak

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng die aangemaakte kaassous en die wit uiesoppoeier bymekaar in ‘n beker.
Plaas ‘n laag roerbraai groente onder in ‘n gesmeerde glasbak, gevolg deur ‘n bietjie sous, uie en vis, eindig met sous.
Herhaal die lae totdat die bestanddele alles gebruik is.
Plaas die gereg in die voorverhitte oond en bak totdat goudbruin en gaar.
Bedien die gereg met rys of kapokaartappels, of voeg ringe aartappels saam met die vis in die glasbak voor dit oond toe gaan.

Resep en foto: Christelle van Rooyen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5