VIS IN SUURLEMOENDEEG, SALSA EN PATAT
- Vis:
- 360 ml bruismeel
- 5 ml sout
- 5 ml gemaalde swartpeper
- 5 ml gemengde kruie
- 2.5 ml suiker
- 1 jumbo eier, liggies geklits
- 160 ml water
- 160 ml suurlemoensap
- 1 snoek, in porsies opgesny
- olie vir braai
Meng die meel, sout, peper, kruie en suiker goed.
Meng eier, water en 80 ml suurlemoensap in ‘n ander bak en roer by die droë bestanddele in tot glad.
Plaas oorblywende suurlemoensap in a bakkie en die res van die meel in aparte bakkie.
Verhit olie in ‘n groot pan oor medium-hoë hitte.
Doop filette in suurlemoensap, dan meel, en doop dan in eiermengsel.
Sit die bedekte filette in die warm olie en braai tot gaar so 2 – 3 minute aan elke kant.
Dreineer op handdoekpapier.
Bedien met salsa, uie ringe en opgekookte patat in skywe gesny.
- Salsa:
- 3 ryp Roma-tamaties
- 1 blik gekapte tamaties
- 2 medium uie
- 1 medium rooi ui
- 1 Jalapeno rissie
- 1 handvol vars koriander
- 1 groot knoffelhuisie
- 30 ml lemmetjiesap
- 2.5 ml rooipeper
- 1.25 ml fyn komyn
- 2.5 ml bruinsuiker
- sout en gemaalde swartpeper, na smaak
Sny al die bestanddele baie fyn op en voeg bymekaar in ‘n mengbak.
Voeg die res van die bestanddele by en roer goed deur. Alternatief is om alles in ‘n voedsel verwerker tot fyn te verwerk.
Skep die salsa op die vis en bedien.
Resep en foto: Johan Rossouw