VIS IN DIJON MOSTERD EN SAFFRAAN SOUS
- 1 kg stokvis fillette
- 1 koppie wit wyn
- 1 medium grootte ui, fyngekap
- 2 teelepels fyngemaakte knoffel
- 5 saffraan draadjies
- ¾ koppie room
- 1 eetlepel Dijon mosterd
- 150 g gekapte sampioene
- 1 teelepel droë tiemie
- sout en peper na smaak
- handvol kaas om bo-oor te strooi
Bak die vis in die oond by 180ºC vir ongeveer 10 minute tot amper gaar.
Verhit ‘n groot pan oor hoë hitte en voeg die wyn, uie, knoffel, saffraan, sampioene en tiemie saam daarin. Laat die mengsel toe om deeglik te verhit, maar moenie dat dit kook nie.
Gebruik ‘n draadklitser om die room en mosterd daarby in te klits. Gaan voort om die mengsel te klits vir 30 sekondes en geur met sout en peper. Giet die sous oor die vis, strooi kaas bo-oor en bak verder vir 10 na 15 minute of tot die vis gaar is. Bedien met rys.
Nota:
Hierdie sous werk net so goed saam met mossels.
Resep geplaas deur Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete