Your Recipe Blog

VINNING HOENDERPASTEI VIR DIE VRIESKAS

VINNING HOENDERPASTEI VIR DIE VRIESKAS

  • 1.5 kg hoenderborsies, ontvel en ontbeen
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel fyn naeltjies
  • 1 ½ koppies water

Stoom hoender, sout, naeltjies en water vir 15 minute. Haal hoender uit pot en laat afkoel.

  • Voeg by die sous in die pot:
  • ¼ koppie sago
  • ¼ teelepel rooipeper
  • 2 eetlepels asyn
  • Ektra:
  • 1 pakkie hoenderroom soppoeier
  • 1 rol blaardeeg
  • eier en bietjie melk, geklits

Indien te min sous, voeg bietjie water by. Kook sous totdat sago deurskynend is. Pluis hoender en voeg by sous. Meng goed.

Maak die hoenderroom soppoeier aan met ‘n bietjie water, meng met hoender en kook goed deur. Voer ‘n oondpan uit met blaardeeg. Skep hoendermengsel in pan en sit ‘n laag blaardeeg bo-op.
Versier en smeer eier en melk mengsel bo-oor en bak teen 180°C tot goudbruin, en deur gaar.
Kan ook gevries word ongebak en bak wanneer nodig.

Resep en foto: Petré van Jaarsveld

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page