Your Recipe Blog

VINNIGE YSKAS PEKELGROENTE

VINNIGE YSKAS PEKELGROENTE

As jy nog nooit iets gepiekel het nie is dit die resep vir jou. Vinnige yskas piekels. Heerlik vir die somer saam met letterlik enige ete. So as daar ‘n paar nie-meer-so-vars groentes in jou groente bak uithang… piekel hulle!

  • groente van jou keuse, gewas en gesny (komkommer/peppers/blomkool/kool/wortels/uie etc)
  • 1 koppie water
  • 1 koppie wit asyn
  • 2 – 3 eetlepels versoeter of suiker (so soet soos jy dit wil hê)
  • 1 eetlepel growwe sout
  • 1 teelepel droë of vars dille
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper

Pak die gesnyde groente in glasbottels (ek het die twee in die foto gebruik).
Voeg die res van die bestanddele in ‘n pot op die stoof en bring tot kookpunt.
Laat dit heeltemal afkoel en giet bo-oor die groente in die bottels.
Draai die deksels op en plaas in die yskas (ten minste oornag) voordat dit gebruik word.

Nota:
Hierdie piekels moet heeltyd in die yskas bly.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page