Your Recipe Blog

VINNIGE “WRAP” GEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 15 min | Servings: 2 porsies

VINNIGE “WRAP” GEREG

Ek het hierdie iewers op google gesien, maar toe ek dit weer soek, toe kry ek dit nie en maak toe maar soos wat ek dink. Regtig maklik en vinnig en baie vullend, probeer gerus. Mens kan regtig enige vleis of vulsel insit waarvan mens hou, ampers soos ‘n “souttert” Ek het sommer viennas gebruik, maar ek dink hoender, of kouevleis of net groente indien verkies sal net so goed werk.
Ons is net twee mense so ek het hom baie klein gemaak. Gebruik soveel wraps soos waarvoor jy mense wil kos gee, moet hulle ook nie te styf teen mekaar pak nie, dan is jou vulsel nie lekker in die voue nie.

  • Twee porsies:
  • 2 kleinerige wraps gevou soos ‘n konsertina
  • 2 viennas, gesny in ringetjies
  • ¼ koppie gedroogte uie
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • kruie en speserye na smaak
  • 2 eiers
  • ½ koppie room of melk
  • sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180ºC. Spuit ‘n oondbak met hoë randte met nie-kleefwerende middel.
Vou die wraps soos ‘n waaier/konsertina, maar die vou moet nie te vlak wees nie, want jou vulsel moet daain kom. Pak die wraps langs mekaar in die bak met die oop voue na bo. Pak nou die vulsel in die voue, versprei dit mooi sodat almal darem ‘n stukkie vleis kry. Strooi genoeg kaas oor.
Klits die eiers, melk en sout en peper saam, giet oor die kaas en bak totdat die eier gestol is, ongeveer 10 – 15 min hang af hoe groot jou gereg is. Die eiermengsel moet net die wraps tot so halfpad bedek voordat dit gebak word, dit sal self oor die wraps rys soos dit gaar word.
Haal uit die oond, laat staan so paar minute en sny dan in die dwarste in porsies.
Bedien saam met ‘n lekker vars slaai… lekker eet, ons het dit baie geniet.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page