Your Recipe Blog

VINNIGE WASGOEDBONDELTJIES

VINNIGE WASGOEDBONDELTJIES

  • 1 pak ontdooide, koue skilferkorsdeeg
  • Vulsel:
  • 1 kg maalvleis
  • ¼ stukkie van elk groen, rooi en geel soetrissie, fyn opgekerf
  • 1 medium ui, fyn opgekerf
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier, nie aangemaak nie, gooi droog oor vleis
  • droë pietersielie
  • vars knoffel na smaak, fyn gekap
  • sout en peper, na smaak
  • olie, vir diep braai

Sny deeg in lang stroke en dan in vyf na ses blokkies, afhangende van die dikte van deeg, ek nie uitgerol nie net liggies die deeg bietjie gerek met die toevouproses.
Meng die vulselbestanddele saam en plaas bietjie van die maalvleismengsel op ‘n blokkie deeg. Trek twee teenoorgestelde hoeke van deeg oormekaar en druk liggies vas in die middel.
Doop bokant liggies in Aromat en braai paar min in warm olie tot goudbruin en bros.
Laat olie goed afdrup en skep op kombuispapier. Lekker koud of warm.

Nota:
Het ‘n paar later soos gewone pasteie in oond gebak vir paar minute teen 180 ºC en dit is nie so olierig. Sal weer eerder in oond maak as ek meer tyd het as vanmiddag. Maar in olie is dit ook lekker.

Resep: Christelle van Rooyen
Foto 1 – in oond gebak
Foto 2 – in olie gebak

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page