VINNIGE VISKOEKIES
Ek maak dit baie vir n vinnige middagete of ligte aandete.
- 1 blik Pilchards in tamatiesous
- 1 groot eier
- 1 eetlepel Worcestersous
- 1 eetlepel tamatiesous
- 1 eetlepel suurlemoensap of asyn
- 1 teelepel visspeserye
- ½ koppie hawemout (oats)
- 2 teelepel bakpoeier
- ½ koppie koekmeel
- olie vir vlak braai
Skep die vis saam met die sous in ‘n mengbak. Haal die graatjies uit as jy wil.
Druk stukkend met ‘n vurk.
Voeg die eier by en meng deur.
Voeg die worcestersous, tamatiesous, suurlemoensap en visspeserye by.
Meng goed deur.
Voeg hawermout, bakpoeier en meel by en meng goed.
Verhit die olie in ‘n pan.
Braai eetlepels vol van die mengsel in vlak olie oor matige hitte, olie moet nie te warm wees nie dan is die koekies te donker voor hulle gaar is.
Maak ongeveer 14 koekies.
Resep en foto: Erna van der Merwe