Your Recipe Blog

VINNIGE TUISGEMAAKTE ROOMYS

| Servings: 2 liter

VINNIGE TUISGEMAAKTE ROOMYS

Gou roomys gemaak omdat ons op die plaas bly en teen die tyd dat ek hier kom met gekoopte roomys is alles gesmelt.  Ek maak hierdie wenner resep gereeld.

  • 3 groot eiers, geskei
  • 160 ml suiker
  • 1 botteltjie Orley Whip (die blou een)
  • 30 ml kookwater
  • 5 ml vanilla geursel
  • peppermint sjokolade
  • groen gel voedsel kleursel

Klits die eiergele saam met 80 ml suiker tot lig en romerig.
Klits die eierwitte met 80 ml suiker wat geleidelik by gevoeg word tot styf.
Klits Orley Whip styf.
Voeg nou kookwater by eiergele.
Vir vanillageur roomys, meng die vanilla geursel by.
Vir peppermintgeur roomys, rasper ‘n peppermint sjokolade en ‘n druppel groen gel kleursel by.
Vou nou alles saam in, skep in houer en vries.

Nota:
Onthou die water is baie belangrik, anders vries dit nie mooi.
Lekker sagte romerige roomys.
Moet nie die Orley Whip met room vervang nie.

Resep en foto: Marie Grobler

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page