Your Recipe Blog

VINNIGE TAMATIE EN OREGANUM SOP

VINNIGE TAMATIE EN OREGANUM SOP

As jy lus is vir sop, maar jy is NOU lus vir dit, is die resep perfek… en redelik goedkoop. Die courgette is opsioneel en die hoeveelheid kaas ook. En mens het gewoonlik die bestanddele sommer in die kas.

  • 1 ui, gekap
  • 3 eetlepels botter of olyfolie
  • 1 murgpampoentjie (courgette), gekap
  • 2 blikkies gekapte tamaties, geur van jou keuse
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 2 groente “stock cubes”
  • 1 teelepel elk paprika en gerookte paprika
  • 1 liter kookwater
  • 1 teelepel witpeper
  • 1 ½  teelepel droë origanum
  • 1 ½ teelepel droë pietersielie
  • suiker/versoeter, sout en peper na smaak
  • 200 ml room
  • 1 – 2 handevol gerasperde kaas
  • 2 teelepels asyn

Braai die ui in die botter tot deurskynend.
Voeg die murgpampoentjies by en braai nog ‘n paar minute.
Voeg die res van die bestanddele by behalwe die laaste 3.
Gebruik die kookwater om die blikkies mee uit te spoel.
Kook vir 10 minute. Haal die sop van die hitte af en roer die room en kaas by.
Maak fyn met ‘n “stick blender”.
Roer die asyn deur, voeg sout, peper en suiker/versoeter by indien nodig en bedien.

Nota:
Ek het hierdie vir ons gemaak met low carb geroosterde kaas toebroodjies.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page