Your Recipe Blog

VINNIGE SUURLEMOENKOEK

Recipe by
Cook: 35 minute

VINNIGE SUURLEMOENKOEK

  • Koek:
  • 100 g sagte botter
  • 350 ml bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 200 ml strooisuiker
  • 2 XL eiers
  • 100 ml melk
  • skil van 1 groot suurlemoen, fyn gerasper
  • Glasuurder:
  • 100 ml strooisuiker
  • 45 ml sap van suurlemoen

Stel oond op 180°C.
Spuit ‘n ronde koekpan met kleefwerende kossproei en lê uit met bakpapier.
Plaas al die koekbestanddele in ‘n bak en klits vir 2 tot 3 minute.
Skep in ‘n pan en maak gelyk bo-op.
Bak vir 35 min.
Klits intussen die strooisuiker en suurlemoensap saam.
Keer koek uit koekpan as dit uit die oond kom en giet die glasuursel bo-oor terwyl die koek nog warm is.
Laat afkoel en bedien.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page