Your Recipe Blog

VINNIGE SUURLEMOEN SKUIMTERT MET VERSUIKERDE SUURLEMOENSKYWE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 minute + 15 minute

VINNIGE SUURLEMOEN SKUIMTERT MET VERSUIKERDE SUURLEMOENSKYWE

  • Kors:
  • 1 pakkie Mariebeskuitjies (gebruik maar liewers die Beauman’s een)
  • 125 g margarien/botter
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • 2 teelepels suiker

Smelt margarien in kastrol.
Plaas mariebeskuitjies, kaneel en suiker in voedselverwerker en maak goed fyn.
Sit by gesmelte margarien en roer goed tot al die krummels met die botter bedek is en nog baie krummelrig is.
Druk korsmengsel in tertbord vas om kors te vorm.

Nota:
Ek gebruik ‘n teelepel hiervoor .. Werk die beste om die bodem en rante ewe dik te kry.
Bak kors vir 10 minute op 180ºC.

  • Vulsel:
  • 4 eiers, geskei
  • 1 x 397 g blik kondensmelk
  • 125 ml vars uitgedrukte suurlemoensap (bottel suurlemoensap maak teveel sous)
  • 1 ½ teelepel fyngerasperde suurlemoenskil
  • 1 eierwit
  • Ekstra:
  • 1 ½ teelepels Maizena

Meng die eiergele, kondensmelk, suurlemoensap en suurlemoenskil liggies (moet nie klits nie)
Roer dit stadig deur tot dit goed gemeng is. (As jy die mengsel te vinnig roer, dan word dit pap )
Klits eierwit styf en vou in mengsel in.
Giet die vulsel in die afgekoelde kors.
Sif die Maizena oor die vulsel (dit is vir die stroperigheid wat dalk wil vorm om te stol).

  • Bolaag:
  • 3 eierwitte (wat oorgebly het)
  • ½ koppie suiker
  • 1 teelepel kremetart

Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Klits die suiker en kremetart bietjie-bietjie by.
Hou aan klits tot dik en blink. Skep lepels vol op vulsel.  Vorm punte met vurk.
Bak vir 15 minute op 180ºC of tot punte goudbruin is.

Nota:
Mens kan ook die volgende resep en idee gebruik en versier na smaak.

  • Versuikerde Suurlemoenskywe
  • 1 suurlemoen, in ronde skywe gesny
  • koue water
  • 1 koppie suiker
  • ½ koppie water
  • strooisuiker

Bedek ringe met koue water en verhit tot kookpunt.
Kook tot skil sag is en dreineer.
Maak stroop van suiker en water, verhit en roer tot al die suiker opgelos is.
Kook verder sonder om te roer tot sagtebal stadium – 114.5 ºC.
Voeg skywe by en kook stadig vir 10 minute.
Dreineer die skywe op ‘n growwe sif, en sprinkel strooisuiker oor.
Bêre in lugdigte houer.

Foto en resep: Petré Van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page