VINNIGE SUIKERKOEKIES
- 1 koppie botter of margarien
- 1 koppie suiker
- 1 eier, geklits
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 teelepel bakpoeier
- 2⅔ koppies koekmeel
Room die botter en suiker goed saam (Met ander woorde, meng dat dit klap). Voeg nou die eier by die mengsel en klits vinnig. Voeg die droë bestanddele by en meng goed deur.
Laat die deeg so rukkie rus en rol dan lekker dun uit.
Druk en vorm die deeg in enige vorms.
Bak teen 180°C vir 7 – 10 minute – HOU HULLE DOP!!
Nota:
Jy kan na hartelus versier!! Of sleep die kinders kombuis toe!
Resep gegee deur Daniëlle
Foto: Kitty Peters Fourie