Your Recipe Blog

VINNIGE SPEK EN UIE VARKTJOPS

Recipe by
Cook: 15 - 18 minute | Servings: 3 - 4

VINNIGE SPEK EN UIE VARKTJOPS

“Vinnige spek en uie varktjops…baie lekker saam met gebraaide kool, en heerlik vir ‘n vinnige middag- of aandete.”

  • 125 g spek, gekap
  • ¾ rooiui, in skywe gesny
  • 15 ml olyfolie
  • 3 – 4 varktjops
  • 125 ml hoenderekstrak
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 1 eetlepel sprietuie (chives), gekap
  • 100 ml room
  • sout en peper, na smaak

Braai die spek in die olie tot bros. Verwyder en hou dit eenkant.
Braai die uie in dieselfde olie tot ligbruin (5 – 7 minute). Verwyder en hou eenkant.
Braai die varktjops weerskante in dieselfde pan tot gaar (sewe minute per kant). Skep uit die pan.
Plaas die hoenderekstrak in die pan en laat dit opkook vir een minuut.
Voeg die res van die bestanddele, die gebraaide spek en die uie terug in die pan en prut vir 2 – 3 minute.
Plaas die varktjops terug in die pan, skep die sous bo-oor en bedien.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page