Your Recipe Blog

VINNIGE PIEKELUIE

Recipe by
Cook: 10 minute | Servings: 5 heuning grootte botteltjies

VINNIGE PIEKELUIE

Indien die resep vir drie dubbel word, het jy ses van 750 ml bottels piekeluie.

  • 1,5 kg klein uitjies, geskil
  • 750 ml witasyn
  • 45 ml suiker
  • 5 ml sout
  • 10 peperkorrels
  • 60 ml water

Plaas al die bestanddele in ‘n pot en kook vir 10 minute nadat die mengsel begin kook het.
Verwyder van hitte, bottel warm in skoon en voorbereide bottels en deksels.  Seël dadelik.
Hoe langer dit staan hoe lekkerder raak dit.

Resep en foto: Martie Labuschagne

2 Reviews

  1. Amanda

    die sous wat gemaak word saam die uitjies is te min vir die 1,5kg uitjies.

    Star
    • Hi Amanda, baie dankie vir jou terugvoer, ek glo dit hang maar af van hoeveel uie jy in die bottel pak, want dit sal bepaal hoeveel sous daar per bottel gebruik word, maar mens kan maar altyd ekstra maak.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page