Your Recipe Blog

VINNIGE ONTBYTSKONS

Recipe by
Prep: 15 min | Cook: 25-30 min | Servings: 6

VINNIGE ONTBYTSKONS

Dit is bewolk en koel in die Tuinroete. Hierdie ontbytskons ‘n heerlike alternatief vir ‘n warm ontbyt. Geen resep gebruik nie – sommer bygevoeg soos wat ek lus was vir iets.

  • Droë bestanddele:
  • 2 koppies bruismeel
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel origanum
  • 1 teelepel paprika
  • Nat bestanddele:
  • 1 eier
  • 2 eetlepels olie
  • 1 koppie maas of karringmelk
  • Ekstra:
  • klein blikkie chakalaka
  • 1 koppie gerasperde kaas

Meng droë bestanddele saam.
Meng nat bestanddele saam.
Meng bestanddele saam tot ‘n klam maar stewige deeg.
Vul 6 gesmeerde pannetjies vol deeg, maak ‘n holte en skep chakalaka in.
Bak by 200º C  vir 15 min, strooi gerasperde kaas oor en bak vir ‘n verdere 10 minute.
Bedien louwarm.

Resep en foto: Bernadene Prinsloo

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page