Your Recipe Blog

VINNIGE MOSTERD

VINNIGE MOSTERD

Heelwat mense vra vir ‘n maklike, vinnige mosterd resep. Hierdie is ‘n wenner. Ek het gou ‘n foto geneem van myne.

  • 1 blik kondensmelk
  • ½ blik wit asyn (Gebruik leë kondensmelk blik)
  • 1 opgehoopte eetlepel mosterdpoeier (Ek gebruik bietjie meer, dan het dit ‘n lekker byt!)
  • knippie sout en witpeper

Skep die kondensmelk in ‘n bak. Meng die mosterdpoeier, sout, peper en asyn baie goed. Meng dit nou goed by die kondensmelk in.

Plaas in ‘n botteltjie en hou in die yskas.
Baie lekker na ‘n paar ure se staan en heerlik saam met koue vleis!

Resep en foto: Elize Viljoen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page