VINNIGE MILO YSKASTERT
Wow julle mense daai tert sal ek defintief weer maak dit was supper lekker alles het net mooi by mekaar gepas die koffie bo op het so ‘n ander smaak vir die tert gegee dat ‘n mens daai bitter kon proe van koffie en dan ewe skielik daai lekker soet roomerigeheid… ek sal niks verander nie…🤩
-
1 pakkie Tennisbeskuitjies
-
2 pakkies wafelkoekies (Wafer biscuits)
-
7 opgehoopte eetlepels Milo
-
500 ml room
-
1 blik Caramel treat
- koffie om oor te sprinkel
Klop room styf tot sagte punte. Klop Caramel treat in ‘n aparte bak. Vou Caramel treat by die room in, moenie oormeng nie.
Voeg die milo by en vou in tot deur gemeng. Mengsel moet nog styf wees.
Pak die tennisbeskuitjies onder in die bak om as kors te doen.
Skep helfde van die mengsel op die koekies in die bak, ek pak wafelkoekies bo-op. Skep res van die mengsel bo-oor.
Vir ekstra smaak kan fyn koffie met bietjie milo bo-oor gesprinkel (gesif) word.
Plaas in yskas om te stol oornag.
Resep en foto: Theresa Steyn
Wat het geword van die tennisbeskuitjies?
Dankie vir die uitwys, die tennisbeskuitjies pak jy onder in die bak as ‘n kors. Hoop dit help.