VINNIGE MIELIEBROOD
- 500 g bruismeel
- 1 blikkie roomsuikermielies
- ½ teelepel sout
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 handvol grof gekapte vars basilliekruid
- 1 blikkie melk (vul die leë roommielieblikkie)
Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak. Vul die leë suikermielieblikkie met melk en voeg die melk by die res van die bestanddele. Meng alles deeglik saam.
Spuit ‘n broodpannetjie en skep die mengsel daarin.
Bak vir 1 uur op 180 °C in voorafverhitte oond of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Foto: Zörana Geldenhuys
Resep: Esme Reynecke