Your Recipe Blog

VINNIGE MAKLIKE VETKOEK

VINNIGE MAKLIKE VETKOEK

  • 2 koppies bruismeel
  • 1 koppie melk
  • knippie sout
  • teelepel suiker
  • olie vir diep braai

Meng al die bestanddele goed saam.
Sit die olie op die stoof om te verhit.
Wanneer jy ‘n klein stukkie deeg in die olie sit en dit kom dadelik boontoe, is jou olie se hitte reg.
Draai dan jou plaat so bietjie af en begin bak.
Vorm bolle van die deeg, trek hulle bietjie plat en diep braai tot goudbruin.
Dit moenie te vinnig donker word nie dan is die vetkoek rou binne.
Pak op kombuispapier terwyl die ander gebak word.
Bedien met maalvleis of enige vulsel van jou keuse.

Resep en foto: Michelle Feast

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page