VINNIGE MAALVLEISBROODJIE
- 1 kg maalvleis
- sout en peper na smaak
- 1 pakkie bruinuiesoppoeier
- 175 ml natuurlike jogurt
- 1 groot eier
- 150 ml cheddar kaas, gerasper
Stel oond op 180ºC.
Bespuit ‘n broodpannetjie (24 x 12 x 8 cm) met kleefwerende kossproei.
Meng al die bestanddele goed. Skep in die broodpan en maak gelyk bo-op.
Bedek die pannetjie aan die bo kant met aluminium foelie en bak vir 90 minute.
(Haal die foelie af na 60 minute)
Laat die broodjie die laaste 30 minute bak sonder die foelie.
Die sousie wat in die pannetjie vorm kan verdik word met Bisto of Maizena.
Keer uit en sny in skywe.
Bedien saam met rys en groente.
Resep en foto: Amanda Austen