VINNIGE KLAM OLIEKOEK
As jy vinnig iets lekker moet bak slaan hierdie heerlike klam Oliekoek aanmekaar! Indien jy sjokoladekoek verkies, voeg net kakao by.
- 2 eiers
- 1 koppie suiker
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 2 eetlepels kookolie
- ½ koppie melk
- sout
- 1 teelepel vanilla geursel
- Opsioneel – sjokolade opsie:
- 50 ml kakao – bly jou keuse hoe donker jy koek wil hê
Verhit oond tot 180°C.
Klits eiers en suiker saam tot lig en donsig.
Verhit olie en melk, maar moenie kook nie.
Voeg vanilla geursel by.
Sif droë bestanddele saam:
Voeg melkmengsel en droë bestanddele beurtelings by eiermengsel en meng goed.
Verdeel in 2 koekpanne. (18 – 20 cm)
Bak 20 min of tot gaar en koek teen kante los is.
Versier wanneer afgekoel en geniet.
Nota:
Op die foto is gewone botterversiersel van botter, versiersuiker, melk en vanilla geursel.
Resep en foto: Marie Bateman