Your Recipe Blog

VINNIGE KARRINGMELKBESKUIT MET VARIASIE

Recipe by
Cook: 60 minute

VINNIGE KARRINGMELKBESKUIT MET VARIASIE

“Hierdie is genoeg deeg vir 2 panne van 370 x 270 x 60 mm elk – binne mate. Ek sny met ‘n elektriese mes wanneer heeltemal afgekoel; dit maak minder krummels as om met broodmes te sny. Variasies – ek gebruik partykeer muesli (crunch nutzy is ‘n baie lekker muesli vir eet en gebak of all bran vlokkies of nutty wheat en digestive bran gemeng; of sit choc chips in, jy kan werklik enigiets bysit). Vir die beskuit op die foto het ek ‘n 500 g pakkie “4 seeds” bygesit en dis heerlik bros en kan net so of met koffie geniet word.

Variasie tydens grendeltyd 2020: “Lockdown day #187 – Whole wheat buttermilk rusks with sunflower and pumpkin seeds. I replaced the flour with 10 cups (1,4 kg) of Nutty Wheat flour and only added 100 g pumpkin and sunflower seeds each. Also replaced the sugar with treacle sugar so that it’s a darker brown rusk. Came out perfect so you can replace the flour component in any buttermilk recipe with whole wheat flour.“ Hierdie variasie is ook beskikbaar op die blog as ‘n resep op sy eie: “NEUTERIGE KORINGMEEL (HEELKORING/NUTTY WHEAT) KARRINGMELKBESKUIT MET SONNEBLOM- EN PAMPOENSADE”.

  • 10 koppies koekmeel – kan 2 van hulle vervang met 1 koppie neuterige koringmeel (nutty wheat) en 1 koppie all bran vlokkies
  • ½ koppie sonneblom sade – kan weggelaat word indien verkies*
  • 4 koppies karringmelk – ek gebruik 3 koppies melk en 1 koppie witasyn
  • 5 ml sout
  • 8 teelepels bakpoeier
  • 2 koppies suiker
  • 5 eiers
  • 500 g kunsbotter – ek gebruik stork for baking of botter

Voorverhit oond tot 180 °C.
Sif koekmeel en bakpoeier saam.
Voeg res van droë bestanddele by en meng goed.
Smelt kunsbotter/botter in mikrogolf.
Voeg kunsbottter, eiers en karringmelk by droë bestanddele en meng goed.
Skep deeg in gesmeerde panne en bak vir ‘n uur.
Laat afkoel en sny in vingers.
Droog oornag uit by ongeveer 60 °C.

Plasing en foto: Elsabie Templeton
Foto 2: variasie – Elsabie Templeton

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page