VINNIGE HOENDERSLAAI AANDETE
- hoender filette (afhangende van hoeveel persone)
- olyfolie
- oester sous
- knoffel
- suurlemoensap
- sout en pepper na smaak
- slaaiblare van jou keuse
- wortelstokkies
- avokado
- gedroogte uie, opsioneel
Marineer die hoender filette in olyfolie, oester sous, knoffel en suurlemoen sap, jy kan die hoeveelhede aanpasbaar maak volgens jou smaak.
Maak gaar in die marinade in konveksie oond vir ‘n half uur op 200°C en draai om vir nog 10 minute op 220°C.
Laat afkoel en sny die hoender op soos verkies.
Bedien bo-op slaaiblare saam met avkoado, wortelstokkies en waarvan jy in ‘n slaai hou.
Besprinkel met gedroogte uie.
Resep en foto: Marlize Williams