Your Recipe Blog

VINNIGE GROENTE- EN KOOLGEREG

VINNIGE GROENTE- EN KOOLGEREG

As jy moeg is vir doodgewone kool… probeer hierdie gereg. Gebore uit leftovers, maar beslis die moeite werd om op sy eie te maak.

  • ½ medium kool, grof gekap
  • 1 – 2 koppies roerbraai groente van jou keuse
  • 50 g botter
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 eetlepels “sweet chilli” sous
  • sout en peper na smaak

Maak die roerbraai groente in die mikrogolf gaar/stoom vir 10 minute.
Verhit die olie en botter in ‘n pan oor medium tot hoë hitte.
Voeg die kool by en braai 7-10 minute totdat dit begin verbruin.
Voeg die gaar roerbraai groente by en braai nog ‘n paar minute.
Voeg die “sweet chilli” sous, sout en peper by.
Roer deur en hou warm tot bediening.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page