Your Recipe Blog

VINNIGE GEROOSTERDE VARKTJOP MET KOOLSLAAI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes

VINNIGE GEROOSTERDE VARKTJOP MET KOOLSLAAI

Dis waaaarm…so ‘n vinnige varktjop vanaand met geroosterde pampoen en koolslaai.

  • 6 varktjops
  • ½ koppie BBQ sous
  • ½ koppie peri-peri sous van jou keuse
  • 3 dik skywe pampoen, skil en al maar geen pitte
  • sout en peper na smaak

Plaas varktjops in ‘n oondbak uitgevoer met bakpapier. Pak pampoen tussen in.
Meng souse en gooi bo-oor, sit sout en peper na smaak oor.
Bak 45 minute bedek by 180°C en oop vir 15 minute by 200°C.

Bedien met tuisgemaakte Oosterse geinspireerde koolslaai.

  • ¼ kop groen kool
  • ¼ kop rooikool
  • 200 ml mayonnaise
  • 60 ml sriracha (sterk chillisous)
  • sout en peper
  • 1 teelepel droë kruisement (of 2 eetlepels vars as jy het)
  • ½ koppie grondboontjies
  • 2 eetlepels sesamesaad

Maak kool fyn in voedselverwerker en roer die res van die bestanddele deur.
Geniet!

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page